{"product_id":"9780624073277","title":"Pruimtwak en skaduboksers","description":"\u003cp\u003eOm sin te maak van die hele virtuele warboel in die 21ste eeu moet 'n mens hoog en laag soek. En dis presies wat die bekroonde digter en joernalis Danie Marais doen in Pruimtwak en skaduboksers - 'n onderhoudende versameling van rubrieke, essays, heildronke en nabetragtings wat met speelse erns en entoesiasme die verbande verken tussen boeke, die tydsgees, popkultuur en die verdwaasde gewone ou wat naweke in sy braaivleisvuur tuur. In hierdie stukke wonder Marais - soms sober, soms skertsend - wat geword het van rock 'n' roll, sy generasie X en randfigure soos Peter Blum. Alles en almal van Darth Vader, die Simpsons, Katy Perry, Bruce Springsteen, Fokofpolisiekar, die boeremusieklegende David de Lange en The Big Lebowski tot die agterryers van die Anglo-Boereoorlog praat saam in 'n bundel wat jou laat glimlag én dink.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Danie+Marais\" class=\"contributor-link\"\u003eDanie Marais\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Danie Marais","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584719765667,"sku":"9780624073277","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624073277_9460f192-3827-411b-b413-e9b717dec30e.jpg?v=1776479660","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624073277","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}