{"product_id":"9780624073307","title":"1795","description":"\u003cp\u003eDit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie.\u003cbr\u003eKommissaris Sluysken, die VOC se hoofamptenaar aan die Kaap, het sy Politieke Raad vir 'n vergadering in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen, avonturier en Oranje-man. Ook majoor William van Reede van Oudshoorn, lord Hunsdon, vir wie dié land en dié dorp sy lewe is; verloor hy dit, word hy niks. Hy is bevelvoerder van 'n korps klerke wat vir hierdie krisis hul penne vir gewere moet inruil.\u003cbr\u003e Sluysken lees 'n brief voor van die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad wat dreig om sy matrose op die land los te laat. William kyk strak voor hom uit. Hy en kameraad Louis Thibault het reeds 'n krygplan ter tafel gelê. Sy hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen  -  die boere, wat so hard soos hierdie kontinent se klippe is.\u003cbr\u003e Tussen Gordon en Van Oudshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word. Of vir ewig bly voortwoed. \u003cbr\u003e Dan Sleigh se loopbaan as romansier het in Eilande met die pionierstyd aan die Kaap begin, en in 1795 word 'n sirkelgang van die geskiedenis voltrek, met die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderlê, en met 'n verstommende oog vir detail.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dan+Sleigh\" class=\"contributor-link\"\u003eDan Sleigh\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dan Sleigh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584719798435,"sku":"9780624073307","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624073307_0789db1a-721a-49d4-a94f-4ebc09bb4684.jpg?v=1776479668","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624073307","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}