{"product_id":"9780624075332","title":"Die dood en die sin van die lewe","description":"\u003cp\u003e'Die titel van Anton van Niekerk se boek, Die dood en die sin van die lewe, dui daarop dat die twee temas wat in die titel opgeneem is, in hierdie boek met mekaar in verband gebring word. Nadenke oor die een onderwerp veronderstel nadenke oor die ander. Dink ons oor die dood, dan kom die vraag na die sin van die lewe ook by ons op en ook andersom. Saam met die titel op die voorblad word Chris Jones aangehaal volgens wie hierdie boek “ongetwyfeld die invloedrykste denke ooit in Afrikaans” oor die onderwerp bied. Ek glo Jones is reg: hierdie is ’n belangrike teks wat tydig verskyn het in ’n jaar waarin sterwe en dood inderdaad ’n groter tema is onder die Afrikaanse leserspubliek. Hierdie toedrag van sake is natuurlik veral toe te skryf aan die invloedryke werke van Karel Schoeman, soos Slot van die dag, en uiteraard ook sy selfdood op 1 Mei 2017 en die gesprek wat dit in die media gestimuleer het. Van Niekerk verwys self ook hierna, en sy boek is deel van ’n hele paar tekste wat tans verskyn, soos Schoeman se werk, wat tereg ’n taboe uitdaag.' - CAS WEPENER\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eProf. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anton+van+Niekerk\" class=\"contributor-link\"\u003eAnton van Niekerk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anton van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584720355491,"sku":"9780624075332","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624075332_34f2b980-fe62-4be5-8645-f4b269ee5385.jpg?v=1776479807","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624075332","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}