{"product_id":"9780624075585","title":"Struisvoel","description":"\u003cp\u003eOp die plaas Vrede van die Blanckenbergs, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam.\u003cbr\u003eDrie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil . . .\u003cbr\u003eKlein-Sarel, wat bedags in die volstruiskamp namens sy ma vloed en sy pa tot toorn verwek.\u003cbr\u003eVictoria, van geboorte af niemandskind op 'n ander se land.\u003cbr\u003eEn Marga, oud genoeg om te weet die hel kan enige tyd, enige plek wees.\u003cbr\u003e'n Leeftyd later kan sy nog die presiese datum onthou. Dit was die dag nadat haar pa sy plaas afgeteken het. Die dag ná haar veertiende verjaarsdag. Die dag van die afloop van 'n vloed en die begin van 'n noodlottige nuwe verloop, soos wanneer strome in 'n groter poel saamvloei, ineenloop, 'n oomblik rus, en dan onstuitbaar aanstorm see toe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Merkwaardige debuut wat teen die agtergrond van die opbloei en ineenstorting van Oudtshoorn se goue volstruisveer-era, enduit boei en verras.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584720552099,"sku":"9780624075585","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624075585_df01f12e-3e54-4fc3-8650-5c66363115da.jpg?v=1776479831","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624075585","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}