{"product_id":"9780624075691","title":"Ettie Bierman Keur 11","description":"\u003cp\u003e'n Stadsjapie vir Pafuri \u003cbr\u003eBenodig - 'n Vrou vir Braam\u003cbr\u003eMan in die donker\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn 'n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy 'n groot fout maak. 'Jy kan nie met 'n man trou wat jy skaars twee weke ken nie,' het hulle gesê. 'Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal 'n gebore Johannesburger dit in 'n eensame wildreservaat uithou, met net vlieë en slange vir geselskap?' Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so 'n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Benodig: 'n Vrou vir Braam besoek Belinda die historiese Graaff-Reinet op pad na die Kaap waar sy vakansie gaan hou. Soos elke toeris gaan neem sy foto's van al die ou geskiedkundige geboue en tot haar groot ontsteltenis ontmoet sy 'n dogtertjie wat in die kerk wegkruip. Die kind huil hartverskeurend en na geduldige ondervraging kom die waarheid uit. Die kind is bang vir haar pa en nou kruip sy hier in die kerk vir hom weg. Belinda is dadelik simpatiek en vind toe ook uit dat die kind se ma dood is, en dat haar pa haar nou kom haal om by hom te bly. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Man in die donker is Senta Swiegers en haar man, kaptein Henk Swiegers van Jakaranda-lugdiens, op die punt om haar verjaardag te gaan vier toe Henk ontbied word om vir 'n medevlieënier op 'n oorsese vlug in te staan. Dit bederf die hele dag vir Senta en sy is woedend, maar min kon sy weet dat die ergste nog sou kom. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ettie+Bierman\" class=\"contributor-link\"\u003eEttie Bierman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Omnibus\" class=\"contributor-link\"\u003eOmnibus\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ettie Bierman,Omnibus","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375621062819,"sku":"9780624075691","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624075691_5e5a9a34-287f-4cfb-ab0f-455cb88a76ec.jpg?v=1776479846","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624075691","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}