{"product_id":"9780624079088","title":"Griet skryf 'n sprokie (31)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 31\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003ci\u003eSy moes sprokies spin om aan die lewe te bly. Nie net om haar brood te verdien nie, maar ook om die dood te flous. Soos haar heldin en rolmodel, die slim Sjeherazade.\u003c\/i\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003ci\u003eGriet skryf ’n sprokie\u003c\/i\u003e\u003cspan\u003e is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in ’n gasoond druk. ’n Dooie kakkerlak in die oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eAs terapie raak haar \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eshrink\u003c\/i\u003e\u003cspan\u003e haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, ’n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor. Terwyl sy die lang pad van genesing loop, bly sy halsstarrig glo in ’n wonder – dat sy, soos Grietjie, aan die behekste donkerbos sal ontkom, en dat sy haar prins sal vind.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003ci\u003eGriet skryf ’n sprokie\u003c\/i\u003e\u003cspan\u003e is onteenseglik een van die bekendste én mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans! Met sy skerpsinnige puntigheid, humor en gloeiende sensualiteit is dit 'n boek wat met sy verskyning in 1992 die erotiek in Afrikaans óópgeskryf het.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marita+van+der+Vyver\" class=\"contributor-link\"\u003eMarita van der Vyver\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marita van der Vyver,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47990562029731,"sku":"9780624079088","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624079088.png?v=1786873060","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624079088","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}