{"product_id":"9780624080039","title":"Die dinge van 'n kind","description":"\u003cp\u003e'Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad.'\u003cbr\u003eMet dié woorde lei die mooi, rebelse Dalena van Vuuren haar nuwe vriendin, Mart Vermaak, 'n wêreld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. Vir Mart is dit die begin van 'n inisiasieproses wat met opwinding maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Deur die traumas van vroeë swangerskap, dwelms en selfmoord in haar vriendekring leer sy hoeveel guts dit kos om te lewe en te bly glo. Veral te midde van grootskaalse politieke leuens en die verminking, fisiek én geestelik, van jong mans in die grensoorlog.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie dinge van 'n kind is 'n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'In die Afrikaanse prosakuns ... is Marita van der Vyver uniek in dié opsig dat sy, oënskynlik inspanningloos en amper nonchalant ... dit regkry om aanhangers te hê wat strek van die puntenerige leser tot die Kreti en die Pleti.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStephan Bouwer, Rapport\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Hier is nie speels-erotiese beskrywings vanuit 'n volwasse perspektief nie, maar realistiese beskrywings van tienerseks soos verwonderd waargeneem en vertel deur 'n skooldogter.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEna Jansen, De Kat\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'As dit kom by behendige én intelligente komposisie, en by doodgewoon léésbare, genietbare skryfwerk, hou min by Marita van der Vyver kers vas.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAbraham H de Vries, Die Burger\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marita+van+der+Vyver\" class=\"contributor-link\"\u003eMarita van der Vyver\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584723173539,"sku":"9780624080039","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624080039_85e5cab2-baa7-4ab4-8b27-42c1db7087a2.jpg?v=1776480279","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624080039","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}