{"product_id":"9780624080190","title":"Die hart van ons huis","description":"\u003cp\u003eOns is ses wat in die kliphuis woon:  ek en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien.  Syne, myne, ons s’n.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis ons.  Maar dis nie al nie.  In die somer word ons getalle op ‘n daaglikse basis aangevul.  Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember: groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners.  Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad.  Soms tot vyf, ses op ‘n slag.  Saam met on ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKos soos vir ‘n kerkbasaar.  Gelukkig hou Alain van koskook.  Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ‘n wortel ‘n pot sop vir twintig mense kan optower.  Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis ons.  Dis nie so erg soos dit klink nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAangename kennis.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marita+van+der+Vyver\" class=\"contributor-link\"\u003eMarita van der Vyver\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376683237539,"sku":"9780624080190","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624080190_eb9744a4-0c96-430f-b352-36beecdfe42c.jpg?v=1776480305","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624080190","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}