{"product_id":"9780624082354","title":"`n Luiperd in my bed","description":"\u003cp\u003e“Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van 'n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir 'n modderbad.” \u003cbr\u003eAnnelize Slabbert was 'n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, 'n apteker. Doodgewone stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer en die gejaag, en verhuis sak en pak na Botswana. Hier, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari, gaan hulle 'n luukse vierster-lodge bestuur.\u003cbr\u003eMin het hulle geweet wat wag.\u003cbr\u003eTussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en “wilde diere” in die swembad, sal 'n Luiperd in my bed jou laat lê van die lag . . . en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annelize+Slabbert\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnelize Slabbert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annelize Slabbert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376515334307,"sku":"9780624082354","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624082354_6fac14be-ccf3-46ac-be14-f0e38f403d97.jpg?v=1776480663","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624082354","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}