{"product_id":"9780624082439","title":"Vergenoeg","description":"\u003cp\u003eHierdie verhaal speel af op 'n fiktiewe dorp: Vergenoeg. Dit kan dalk \"verweg genoeg\" beteken, of miskien ook \"tevrede genoeg\". Maar dit maak nie veel saak nie. Want dit gaan oor dogters, susters en moeders - 'n boek wat uitnemend gerig is op vroue. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBella is die jonger, 'sondige' dogter. Sy is 'n chanteuse in Parys. Sy het 'n groot naam in Suid-Afrika. In Parys, is sy egter net nog 'n \"performer\". Haar ouer, verantwoordelike suster, is San, die een wat die huishouding en die gemeenskap aan die gang hou - die goeie een.\u003cbr\u003eHul moeder sterf aan kanker. Nou gaan die twee susters haar tot die einde versorg in die ou huis op Vergenoeg. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOp 'n vars manier word die keersy van die twee vroue se uiterlike blootgelê: die eksotiese Bella lei eintlik 'n armoedige lewe in Parys as sangeres in 'n nagklub, terwyl die perfek-versorgde en beheersde San 'n drankprobleem het. Dit is veral in die onvermydelike konfrontasie tussen die twee susters dat hierdie ontluistering 'n belangrike rol speel om hulle met mekaar, en ook met die dood van hulle ma, te versoen. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVergenoeg is veral 'n roman oor die lyflike ervaring - ook van siekte en dood. Daar is aangrypende tonele waarin Dollie Plaatjies vir die siek Adèle sleep-dra na die badkamer, of San wat die liggaam van haar gestorwe ma omarm soos wat sy dit in haar lewe nie kon doen nie. Tog verstaan Marita van der Vyver hoe om met 'n ligte hand selfs die swaarste dinge aan te raak. Die sekstonele met Karel Kat - 'n vroeëre skoolkys wat Bella weer in die dorp raakloop - het steeds die lyf as fokus, maar verlig die intensiteit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marita+van+der+Vyver\" class=\"contributor-link\"\u003eMarita van der Vyver\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584725729443,"sku":"9780624082439","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624082439_72fa3181-5511-4de3-bdc8-155228bac6f7.jpg?v=1776480675","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624082439","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}