{"product_id":"9780624085201","title":"1 Recce Agter vyandelike linies Volume 2","description":"\u003cp\u003eDaar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . .\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e1 Recce, Agter vyandelike linies, neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola en Rhodesië uitgevoer het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie leser sien die operateurs sweet in die vliegtuig of duikboot en beleef die gevaar wanneer hulle in die nagdonker riviere met krokodille trotseer. Die spanning en adrenalien loop hoog wanneer die Recces springstof in 'n treintonnel diep in vyandelike gebied plaas of 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolosese hawestad in 'n vlammehel omskep.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die vriendskapsbande wat gesmee is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e1 Recce, Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se opvolgboek op sy topverkoper: 1 Recce, Die nag behoort aan ons.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alexander+Strachan\" class=\"contributor-link\"\u003eAlexander Strachan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alexander Strachan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376638574755,"sku":"9780624085201","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624085201_06652e65-3f9f-45d9-bd71-e6a44979c8e4.jpg?v=1776480974","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624085201","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}