{"product_id":"9780624086949","title":"Pieter-Dirk Uys: Weerklink van 'n wanklank","description":"\u003cp\u003e“Dit is Pieter-Dirk Uys sonder die grimering! Sonder rekwisiete, vals wimpers of hoë hakke …”\n\nMet meer as 7 000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. In Weerklink van ’n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn. Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, “Pietertjie” se Kaapse Vlakte-ma.\n\nDan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy ander Oma en haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van ’n merkwaardige lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pieter-Dirk+Uys\" class=\"contributor-link\"\u003ePieter-Dirk Uys\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pieter-Dirk Uys","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376773316771,"sku":"9780624086949","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624086949_187f2bc7-39ba-4fb1-a1aa-8ef34d8ad927.jpg?v=1776481181","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624086949","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}