{"product_id":"9780624089186","title":"Whitey: Sakereus van Shoprite","description":"\u003cp\u003e'Whitey Basson is 'n visioenêre leier . . . Dis 'n eer en 'n voorreg om Whitey as 'n broer te kan beskou.” - Patrice Motsepe\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Whitey het my groot lesse geleer, oor alles van liefdadigheid tot geduld tot vertroue.” - Nataniël\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJames Wellwood Basson - wyd bekend as “Whitey” - is 'n legende in die Suid-Afrikaanse sakewêreld. In 1979, met die steun van Pep Stores, koop hy agt winkeltjies in Kaapstad, met die onwrikbare doel om die voelsel-kleinhandelsektor te verower. Oor die jare bou hy Shoprite stilweg uit en groei verder deur Grand Bazaars en die sukkelende Checkers oor te neem. In Suid-Afrika se beroemdste oorname koop hy OK Bazaars vir net een rand. Binne 'n jaar is dit winsgewend - en word Whitey wyd erken as 'n sake-genie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie gemagtigde biografie - gegrond op jare se navorsing, toegang tot die Bassons se rekords, omvattende onderhoude met Whitey self en mense in sy binnekring - herskep die bekroonde sakejoernalis Niel Joubert Whitey se buitengewone lewe: van sy seunsdae as plaaskind op Porterville en sy mentorskap by Pep se Renier van Rooyen tot waar hy uiteindelik sy groot mikpunt bereik, om Pick n Pay die loef af te steek, en om Afrika te verower.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eShoprite is vandag die grootste kleinhandelaar op die kontinent, en een van die 100 grootstes ter wêreld. Die groep, Suid-Afrika se grootste private werkgewer, skep ook vir tallose Suid-Afrikaners nuwe welvaart. Ondanks sy sukses bly Whitey 'n plat-op-die-aarde boerseun met 'n unieke, padlangse en mensgerigte bestuurstyl. Whitey: Sakereus van Shoprite is sy kleurryke en inspirerende verhaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Niel+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eNiel Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Whitey+Basson\" class=\"contributor-link\"\u003eWhitey Basson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Niel Joubert,Whitey Basson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380367507619,"sku":"9780624089186","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624089186_9fce64f2-44c8-4f9c-b650-51d50140caeb.jpg?v=1776481406","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624089186","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}