{"product_id":"9780624089216","title":"Die biblioteek aan die einde van die wêreld","description":"\u003cp\u003eProkureur Ian Brand stuur 'n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van 'n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan 'n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . .\u003cbr\u003eHierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk 'n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik 'n onhaalbare ideaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Etienne+van+Heerden\" class=\"contributor-link\"\u003eEtienne van Heerden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377307009187,"sku":"9780624089216","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624089216_ef2d5169-1c7b-46ff-be4f-5c67c664d1e0.jpg?v=1776481410","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624089216","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}