{"product_id":"9780624090786","title":"Jungu Josh 2: Die Kryger Van Aboemondja","description":"\u003cp\u003eJosh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik. \u003cbr\u003eIntussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand - Masjeba, die bose heks - in die tronk te besoek. \u003cbr\u003eMasjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Constant+Van+Graan\" class=\"contributor-link\"\u003eConstant Van Graan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Constant Van Graan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378201084067,"sku":"9780624090786","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624090786_8e9305b4-7dad-466e-a8a0-04c3567b88da.jpg?v=1776481608","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624090786","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}