{"product_id":"9780624091516","title":"Die blou van onthou","description":"\u003cp\u003eNuwe uitgawe - Herdruk \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé 'n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar  familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat  reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en móét onthou.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marita+van+der+Vyver\" class=\"contributor-link\"\u003eMarita van der Vyver\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375718187171,"sku":"9780624091516","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624091516_1685bb49-7c8d-4f99-9ba3-d10e47fb94c8.jpg?v=1776481720","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624091516","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}