{"product_id":"9780624092322","title":"Wit leuen","description":"\u003cp\u003e“Tussen die stede lê die Commons, see van ellende, met enkele eilandjies hoop wat daarop dryf, dorpies van vryliede, vryhede, sterre\u003cbr\u003ein Melkweg, ás jy hulle kan kry, as jy daar kan ín.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRichter het 'n verlede, maar dis die hede wat hy ontglip. In die krake van dinge beweeg hy, systap hy die gesagte en die laspostenare, al\u003cbr\u003edie bakhand tentakels van die unitêre staat, Uiopa. Toe hy mis trap, moet hy vlug. Saam met Margaret reis hy deur 'n nagmerrielandskap\u003cbr\u003e'n bisarre avontuur in.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNeal werk by die Buro Regse Aksie, waar hy stories opmaak sodat die staat kan gryp, maar hy wil wegkom. Langs wilde weë probeer hy\u003cbr\u003evir homself en sy seun 'n beter lewe koop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn vanuit 'n sekuriteitskompleks, tussen die woede en die wyn, skree Gehard uit teen die leuens. Niemand hoor hom nie, en self is hy doof\u003cbr\u003evir sy wanklinkendheid. Is dit omdat die geskiedenis by hom spook, of is dit uit vrees vir die toekoms wat hy voorspel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHelikopters, duikbote, kindersoldate, ongediertes, mensvreters… Wit leuen wemel van onwerklikhede, afdraaipaaie, en verrassings.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ruan+Kemp\" class=\"contributor-link\"\u003eRuan Kemp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ruan Kemp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379348422819,"sku":"9780624092322","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624092322_53e75d03-9f4b-425e-9a6e-693d29954559.jpg?v=1776481871","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624092322","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}