{"product_id":"9780624092346","title":"Wie de hel is Johnny Joubert?","description":"\u003cp\u003eDana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa 'n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, 'n geskenk van Dok Craven . . . \u003cbr\u003eVan klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor 'n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is - nes rugby - kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e’n Mens sou kon sê ek het op rugby verlief geraak met dieselfde geesdrif as waarmee ek op Elma Theron verlief geraak het, sonder om vrae te vra. Die dag toe ek Elma die eerste keer gesoen het, het die Leeus teen die Springbokke op Loftus gespeel. Die dag toe Ma oorlede is, het WP teen Grens op Nuweland gespeel ... Rugby sê iets oor my jeug én my oudword. Dis ’n gedeelte van my storie hier op aarde. – Dana Snyman\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dana+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eDana Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dana Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382776250531,"sku":"9780624092346","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624092346_ab22566b-cb1f-4843-ad18-819815c4492b.jpg?v=1776481876","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624092346","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}