{"product_id":"9780624092520","title":"Retoervloot - Kaapstad en die VOC In 1713","description":"\u003cp\u003eDit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot via die Kaapse diensstasie terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Op die oop see raak hulle een-een siek. Hete koors, maagpyn, swere - die gevreesde pokke.\u003cbr\u003eOp 12 Februarie gaan die gesin, nou almal gesond, aan land in Tafelbaai. Hul skeepsklere word gewas in die VOC se slawelosie. Enkele maande later is byna die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. Aan die hand van Van Steelant se nuut-ontdekte skeepsjoernaal, met die agtergrondinkleding wat 'n meesterlike geskiedkundige soos Sleigh kan bied, staan die leser op die dek van vlagskip Sandenburg - 'n magtige skip van 'n roemryke organisasie, dog uitgelewer aan die woedende oseaan. Verder is Retoervloot 'n gedenksteen vir Kaapstad se grootste ramp tot op hede\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dan+Sleigh\" class=\"contributor-link\"\u003eDan Sleigh\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dan Sleigh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379682066595,"sku":"9780624092520","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624092520_524bf970-10c6-4f96-aaec-d39304dbe87c.jpg?v=1776481932","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624092520","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}