{"product_id":"9780624093152","title":"Die vuur huil","description":"\u003cp\u003eIn die vroeë 1970's onderneem die een-en-twintigjarige Jakob Koetaan 'n lewensveranderende reis van die Baai na Kaapstad ̶ 'n stad wat hom sedert sy kinderjare gelok het. Wanneer 'n toevallige ontmoeting by die OK Bazaars hom saam met PAC-aktiviste in die tronk laat beland, raak Jakob bevriend met Sipho, 'n charismatiese leier wat sy oë oopmaak vir die stryd om vryheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWant Jakob wéét hoe dit is om nie vry te wees nie. Sy familie het immers hulle plaas Towerwater weens apartheid se groepsgebiedewet verloor, en hy moes ophou skool gaan om vir sy jonger suster te help sorg. Maar die prys van ontwaking is swaar. Soos boikotte tot geweld oorgaan, word alles wat Jakob glo oor lojaliteit, liefde en die betekenis van tuiste getoets. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Kragtige struggleverhaal deur die oë van 'n jong man wat sy plek tussen sy mense in die stryd om vryheid ontdek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Allen+Grootboom\" class=\"contributor-link\"\u003eAllen Grootboom\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Allen Grootboom","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395093217443,"sku":"9780624093152","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624093152_5a91702a-9d3f-4b65-a11b-98ded37abfff.jpg?v=1776803116","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624093152","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}