{"product_id":"9780624093671","title":"Seun","description":"\u003cp\u003eDana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980's. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy 'n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in 'n gewese bediendekamer in Pretoria.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word 'n seun 'n man? 'n Seun wat nie 'n meisie se aandag kan trek nie? 'n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet Seun neem Dana lesers in sy vertroue. Dit is 'n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van 'n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“ 'n Brawe besinning oor die lang skadu's wat belewenisse uit die verlede tot in die hede bly gooi. Met helder, gedistilleerde beskrywings maak Snyman hier 'n stuk geskiedenis staan wat enersyds herkenbaar universeel, maar andersyds ook verbasend persoonlik is. Seun laat jou met ánder oë na Snyman se skryfwerk kyk.” - ­ Thys Human\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dana+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eDana Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dana Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381407137955,"sku":"9780624093671","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624093671_4450485c-260a-433a-8746-cc7753bfadcf.jpg?v=1776482168","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624093671","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}