{"product_id":"9780624094012","title":"Capitec - Stryd met die grotes","description":"\u003cp\u003eIn die vroeë 2000's omskep 'n paar Bolandse entrepreneurs 'n nederige netwerk van mikrolenerye in wat vandag Suid-Afrika se grootste bank is, met meer as 20 miljoen kliënte.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHoe bou jy 'n bank van nuuts af? Wat verg dit om die vier gevestigde bankreuse die stryd aan te sê, en dan boonop die loef af te steek?\u003cbr\u003eIn hierdie boek vertel topverkoperskrywer TJ Strydom die boeiende storie van Capitec, die demokratiese era se grootste sakesuksesverhaal, wat selfs as die beste bank ter wêreld aangewys is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Stellenbosse snuiter ontwrig die bedryf deur die magtige Absa, Standard Bank, FNB en Nedbank, almal met luukse hoofkantore in Johannesburg, uit te daag. Capitec swem teen die stroom in - maak takke oop wanneer ander banke afskaal, fokus op bemarking wat eenvoudig en deursigtig is, lê klem op persoonlike diens terwyl die res daarvan wegskram, en bied dienste aan dié Suid-Afrikaners wat ander as “onwinsgewend” afskryf.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié nuwe bank bewys dat innovering groot finansiële gewin kan inhou, terwyl dit 'n positiewe maatskaplike bydrae maak en gewone mense se behoeftes dien.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Inspirerende, eg Suid-Afrikaanse verhaal van visie, vernuwing en deursettingsvermoë.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Pittig en deeglik nagevors. Met die lees hiervan besef 'n mens hoe slim hierdie Capitec-manne was en hoe merkwaardig dit is wat hulle reggekry het.” - Niel Joubert, skrywer van Whitey: Sakereus van Shoprite\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Onontbeerlike leesstof vir entrepreneurs” - Tim Cohen\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+TJ+Strydom\" class=\"contributor-link\"\u003eTJ Strydom\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"TJ Strydom","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381773287587,"sku":"9780624094012","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624094012_bf6248f7-505c-46f7-aa57-cc7effb5db9b.jpg?v=1776482242","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624094012","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}