{"product_id":"9780624094135","title":"Anderkant Pontenilo","description":"\u003cp\u003eHerdruk!\u003cbr\u003eBoek 01 \u003cbr\u003e'n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans in 2010.\u003cbr\u003eDie Tweede Wêreldoorlog verdeel nie net die wêreld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. \u003cbr\u003eBinne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine - jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op 'n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. \u003cbr\u003eEn in 'n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof.\u003cbr\u003eAntonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word 'n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosveldplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, 'n meisie wat 'n vriend en geesgenoot word... \u003cbr\u003e'n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms 'n opdraand pad aan die anderkant het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irma+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eIrma Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pontenilo+-+Trilogie\" class=\"contributor-link\"\u003ePontenilo - Trilogie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irma Joubert,Pontenilo - Trilogie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375463776419,"sku":"9780624094135","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624094135_6333c25b-a26c-4670-a50b-c98b63cf2fed.jpg?v=1776482272","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624094135","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}