{"product_id":"9780624094920","title":"Ena Murray Speurverhale","description":"\u003cp\u003eDrie van Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale. \u003cbr\u003e*Satan van Zimbabwe: Op die vakansieplaas by die Zimbabwe-ruine wag almal. Almal wag dat die onheil weer moet toeslaan. Want dinge gebeur...meer as wat vir die blote oog sigbaar is...\u003cbr\u003eGustaf glo dat hy op die regte spoor is, maar dan gebeur soveel onverklaarbaarhede: Nina verdwyn snags na die ruine. Phil het 'n verhouding met Dianne. Vlermuise val mense aan. En die Satan van Zimbabwe eis nog 'n slagoffer.\u003cbr\u003eWat skuil agter die geheimsinnighede by die Zimbabwe-ruine? \u003cbr\u003e*Die man met die geel oë: In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Bröm aan hom die opdrag om saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses só skandelik te gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word. \u003cbr\u003e*Onrus op Oshakati: In Onrus op Oshakati hoop dokter Linda Maartens dat sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, maar dan beland sy in 'n lewensgevaarlike situasie . . .\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ena+Murray\" class=\"contributor-link\"\u003eEna Murray\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ena Murray","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382932488355,"sku":"9780624094920","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624094920_8e91a47b-73a1-429e-8ca4-7b498c106693.jpg?v=1776482409","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624094920","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}