{"product_id":"9780624095149","title":"Landuit want jy wil mos","description":"\u003cp\u003e'Buiten my LSD (“look, see, decide”) trippie Perth toe, was die trek Nieu-Seeland toe my eerste oorsese reis, en dit nogal met 'n enkelkaartjie. Ons vlieg eers Singapoer toe, en van daar na Auckland. Bernard is ses, Anna is agttien maande. Ek het nie 'n enkele sleutel nie, want ek het niks wat kan sluit nie. Uiteindelik is ons almal in die hotelkamer in Nieu-Seeland - pa en ma, oop tasse en oorstuurde kinders. Donderdag 13 Augustus 1998. Dag een.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMin het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ŉ huis vol Kapenaars om Kiwi's te word. Hy vind homself werkloos, in ŉ piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou snik snags in haar kussing.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTog slaag Zirk uiteindelik daarin om ŉ betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou. Landuit is die eerlike verhaal - soms hartseer, soms skreeusnaaks - van ŉ migrasie wat nie altyd volgens plan verloop nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zirk+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eZirk van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zirk van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382567714979,"sku":"9780624095149","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624095149_3558eeb5-164c-4eff-abf5-bb854015554d.jpg?v=1776482448","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624095149","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}