{"product_id":"9780624095231","title":"Biltong en Dior","description":"\u003cp\u003eAvonture van 'n Afrikaanse Fransman\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAs grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in 'n ensiklopie in sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat hy 'n château in die Franse platteland sou besit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLouis se liefde vir alles wat Frans is, is so aansteeklik dat 'n rits ander Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar ook blyplekke in die Boussac-omgewing gekoop het. In Biltong en Dior deel hy kostelike vertellings oor hoe inkommers in 'n vreemde land met 'n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes moet oorleef.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHulle tel baie op oor Franse styl en kultuur, maar die Franse leer ook iets oor Suid-Afrikaners se onblusbare ondernemingsgees en gasvryheid. Sy stories word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis, taal en kultuur.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUiteindelik gee hierdie Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ook 'n nuwe waardering vir dit wat hom uniek en trots Suid-Afrikaans maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louis+Jansen+van+Vuuren\" class=\"contributor-link\"\u003eLouis Jansen van Vuuren\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louis Jansen van Vuuren","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395117695139,"sku":"9780624095231","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624095231_5e23bd34-3dee-475b-8dcd-192303b06d6d.jpg?v=1776803137","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624095231","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}