{"product_id":"9780624095354","title":"Die geskenk: liefde, selfdood en dieper leef","description":"\u003cp\u003e“In some ways suffering ceases to be suffering at the moment it finds a meaning.” - Viktor Frankl\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontstellende, diep menslike en soms selfs skreeusnaakse ware verhaal. Van haar kinderjare in die Paarl - meestal gelukkig, maar daar is haar pa se alkoholisme, en later vind sy veel erger oor hom uit - en haar huwelik met JD, die onbeplande swangerskap en nageboorte depressie, JD se siekte, verslawing en dapper herstel, tot die oggend toe Riette kombuis toe stap om koffie te gaan maak en haar man bebloed op die vloer aantref. JD het homself met sy haelgeweer geskiet.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar lewe kom net daar tot stilstand. Ter wille van haar wonderlike dogters moet sy egter aangaan. Sy deurstaan polisie-ondersoeke, trotseer die lykshuis, die dominee wat vir haar sê JD brand in die hel, die vriende wat verdwyn, die onverstaanbare geldsake, die stigma, die mense wat as sy aankom fluister: “Daar is die vrou wie se man . . .”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTe midde van dié diepste verskrikking gaan soek Riette na kennis. Sy studeer sielkunde en lees alles waarop sy haar hande kan lê oor depressie, selfdood en rou. Die geskenk bevat die swaarverwonne, deurleefde wysheid van iemand wat weet dit is moontlik om weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek is nie net 'n meesleurende, heerlik leesbare ware verhaal nie, maar sal ook van groot waarde wees vir elkeen wat deur selfdood geraak is of rou moes verwerk. 'n Dapper, eerlike boek wat jou uitkyk op lewe sal verander.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Riette+Rust\" class=\"contributor-link\"\u003eRiette Rust\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riette Rust","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379497975971,"sku":"9780624095354","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624095354_1682fb6e-009c-45ff-b230-4825fbb07881.jpg?v=1776482487","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624095354","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}