{"product_id":"9780624095538","title":"Het van Verlangekraal","description":"\u003cp\u003eHet Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy was een van baie siele wat onder Floors Heiberg se verroeste bywonersdak gewoon het. Vanuit die uiterste omstandighede het sy steeds daarin geslaag om op akademiese en sportgebied te presteer. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen 'n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie herbesoek aan die geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHiermee dan ook Het se storie teen die agtergrond van 'n tyd toe Suid-Afrika 'n republiek sou word en groot veranderings sou plaasvind. En hoe 'n versiende onderwyser, 'n sadistiese skoolhoof en 'n seun in 'n spesiale skool haar net meer vasbeslote gemaak het om die leer na sukses te klim.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leon+van+Nierop\" class=\"contributor-link\"\u003eLeon van Nierop\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leon van Nierop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381768667299,"sku":"9780624095538","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624095538_3a07139c-7cb8-4060-b145-b3a9b8e4e090.jpg?v=1776482512","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624095538","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}