{"product_id":"9780624095583","title":"Grensloos","description":"\u003cp\u003eSabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.\u003cbr\u003eHaar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, 'n eks-Interpolagent wat deesdae 'n top-onderhandelaar is vir 'n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat.\u003cbr\u003eNou bevind Sabine haar in 'n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is 'n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?\u003cbr\u003eDit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie 'n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.\u003cbr\u003eGrensloos is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wilna+Adriaanse\" class=\"contributor-link\"\u003eWilna Adriaanse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wilna Adriaanse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979785891,"sku":"9780624095583","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624095583_b06061d0-7b19-402a-b53b-972fecab827a.jpg?v=1777753977","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624095583","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}