{"product_id":"9780624095729","title":"Is jy orraait, Elizabeth?","description":"\u003cp\u003eIs jy orraait, Elizabeth? is die verhaal van drie uiteenlopende vroue wat elkeen pynlike ervarings beleef maar deur hul vriendskap gedra word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eElizabeth se lewe is nou vervleg met haar man se praktyk waar sy daagliks met broosheid te doen kry. Sy sukkel aanvanklik om te aanvaar dat hulle 'n seun met Downsindroom het. Mettertyd draai haar bestaan al meer om hom. Sy leer by hom die betekenis van liefde, al word sy daagliks gekonfronteer met uitdagings waarvoor sy nie opgewasse voel nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAda, 'n oorwerkte onderwyseres, en die voorkomsbewuste Mirna worstel met hulle eie persoonlike gesinskwessies. Van 'n dogter met 'n eetstoornis en angsaanvalle tot huweliksontrou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIs jy orraait, Elizabeth? is 'n getuienis van menslike krag, kwesbaarheid en die vermoë om lief te hê, ondanks uitdagings. Dit is 'n roman wat diepgaande ervarings en die verwikkeldheid van verhoudings ondersoek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWant niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die lewe so goed soos 'n opregte vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rozaan+de+Wet+Boer\" class=\"contributor-link\"\u003eRozaan de Wet Boer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rozaan de Wet Boer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382567583907,"sku":"9780624095729","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780624095729_a742090d-9017-45a2-9f4e-c93643c8b157.jpg?v=1776482529","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624095729","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}