{"product_id":"9780624096009","title":"Bethulie","description":"\u003cp\u003e“Nou wil ek hier neerskryf wat ek nooit mag vergeet solank ek leef nie.”\u003cbr\u003eRensche van der Walt was maar 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin in April 1901 van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Die Britse verskroeideaardebeleid het toe reeds groot verwoesting in die Vrystaatse platteland gesaai.\u003cbr\u003eRensche het van die begin af dagboek gehou van hul ervarings, en haar ongekunstelde beskrywings verplaas die leser direk na die kamp se tentedorp. Jy ervaar saam met haar honger en dors, en beleef die ongemak van blootstelling aan die elemente.\u003cbr\u003eHaar eerlike beskrywings van skokkende wanvoeding, siektes en oorbevolking gee nuwe betekenis aan koue statistieke. Jy beleef ook saam met haar die kommer oor broers, pa's en eggenote wat nog iewers op kommando of in die krygsgevangenekampe is.\u003cbr\u003eMet hierdie publikasie sien Rensche se dagboek vir die eerste keer in 50 jaar weer die lig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rensche+van+der+Walt\" class=\"contributor-link\"\u003eRensche van der Walt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rensche van der Walt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47620979818659,"sku":"9780624096009","price":324.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624096009_43df9d14-9d8e-4e96-a2ce-f990dc19df29.jpg?v=1777753966","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624096009","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}