{"product_id":"9780624096382","title":"Die avonture van Wilde Willemientjie","description":"\u003cp\u003e'n Bundel met die 6 Wilde Willemientjie-avonture wat oorspronklik in 2 afsonderlike boeke (2006 en 2009) verskyn het. Hierdie uitbundige, selfs woeste prenteboeke sleur jong lesers mee. Riana Scheepers se rymvernuf en Vian Oelofsen se illustrasies laat dié baba, wat nie om dowe neute Wilde Willemientjie heet nie, in volkleur lewe kry. Sy is wild!\u003cbr\u003eVoor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie se wildheid wêreldbekend en is sy haar oupa se oogappel. Nie net het haar ouers g'n raad met haar nie, ook skurke en jagters laat sy les opsê.\u003cbr\u003eMet al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, reis sy deur die wêreld: na die Kalahari, die Tsitsikamma-woud en Paternoster en, les bes, ook die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Riana+Scheepers\" class=\"contributor-link\"\u003eRiana Scheepers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Vian+Oelofsen\" class=\"contributor-link\"\u003eVian Oelofsen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riana Scheepers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47624357347491,"sku":"9780624096382","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624096382_fd2472d8-4b02-4d2f-a912-470306d9b013.jpg?v=1777925178","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624096382","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}