{"product_id":"9780624097051","title":"Roelf Meyer","description":"\u003cp\u003eVan die dag wat hy die studentepolitiek betree het, was Roelf Meyer se paadjie uitgekap. Dit was die laat 1960’s en die hoogbloei van Afrikanernasionalisme. In 1979 word hy lid van die parlement vir die Nasionale Party (NP) en teen die middel 1980's was hy in die party se binnekring. As adjunkminister van Wet en Orde besoek hy egter talle plakkerskampe en beleef die lewensomstandighede van swart mense en sy geloof in die beleid van apartheid begin wankel.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eToe hy as hoofonderhandelaar van die NP in die Kodesa-onderhandelinge aangestel is, het Meyer reeds geweet verandering is nodig. Sy memoir bied ’n aangrypende blik op die persoonlikhede en kragte wat die oorgang bepaal het. In kernmomente was dit sy spesiale verhouding met Cyril Ramaphosa, hoofonderhandelaar van die ANC, wat die knoop deurhak.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy vertel oor hul band, wat 30 jaar later ’n rol speel in sy aanstelling as ambassadeur tot Amerika, en vra die vraag: Wat verg dit om skynbaar onversoenbare partye te laat saamwerk?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anneliese+Burgess\" class=\"contributor-link\"\u003eAnneliese Burgess\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Roelf+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eRoelf Meyer\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anneliese Burgess,Roelf Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47919935258787,"sku":"9780624097051","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624097051.jpg?v=1784821858","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624097051","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}