{"product_id":"9780624097266","title":"Swerwerskraal","description":"\u003cp\u003eAlida Mees is die jongste dogter uit ’n welvardende skeepsboufamilie in die Nederlandse hawestad Rotterdam. “Alida is ’n voorbeeldige, soet kindjie,” spog haar ma gereeld. “Hoe ironies, hoe hartverskeurend ironies dat Moeder só oor my gedink het,” sou sy jare later besef.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWanneer ’n tragedie die oudste sussie, Ita, tref, verruil sy haar lewe as teaterkunstenaar in Haarlem vir dié van boervrou in Suid-Afrika. Die plaas Swerwerskraal in die Potgietersrust-distrik is skaapwêreld. Beeswêreld. Tabakwêreld. Harde wêreld. Alida, ook bekend as Kein, bekwaam haar as botanis en rits die wêreld vol op op haar pa se bote. En ook na Afrika. Na Swerwerskraal.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit is die verhaal van Ita en Kein – die oudste en die jongste van die vyf Mees-dogters – en hul liefdesverhouding met Afrika. Maar liefde het soms ook ’n keersy, een wat groot hartseer en verwydering kan bring . . . Swerwerskraal is ’n ware verhaal. Een wat ’n mens soms aan die keel beetkry en jou hart wil uitruk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Keina+Swart\" class=\"contributor-link\"\u003eKeina Swart\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Keina Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48084754530467,"sku":"9780624097266","price":272.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780624097266.jpg?v=1788899793","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780624097266","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}