{"product_id":"9780627031069","title":"Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis Deel 3","description":"\u003cp\u003eDie Afrikaanse literatuur het 'n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in 'n boeiende takelwerk verse, in 'n kennis van die aand en deur die oë van 'n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eNie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers - die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet oplê en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eAkademies gesproke is Perspektief en profiel 'n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literêre gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die 'profiel' in die boektitel), maar is ook 'n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en 'n kartering van die gebied, vandaar die 'perspektief'.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDit toon by implikasie oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in suid-suidverband met ander literature van die halfrond, en ondersoek die historiese en tydgenootlike noordsuid-bande en -spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis 'n boek wat sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eEerder as om 'n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die fi nale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003ePerspektief en profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geënt is in die kontinent Afrika.\u003cbr\u003eDit boekstaaf die geestesprestasie van mense aan die suidpunt van 'n uitdagende kontinent. Dit is\u003cbr\u003emense wat rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis 'n literatuur van hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003ePerspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis 'n tyd waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is 'n tydige herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in 'n literatuur opgesluit is.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDie boek verdien 'n staanplek in elke Afrikaanssprekende gesin se boekrak of lêplek in hul e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is hierdie boek jou toevlug.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eEtienne van Heerden\u003cbr\u003eHofmeyr Professor\u003cbr\u003eSkool vir Tale en Letterkunde\u003cbr\u003eUniversiteit van Kaapstad\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePerspektiewe\u003cbr\u003ePerspektief op die Afrikaanse poësie - Die poësie van voor 1900 tot 1960 - Heinrich Ohlhoff\u003cbr\u003eDie Afrikaanse poësie 1960-2012 - B.J. Odendaal\u003cbr\u003eDie Afrikaanse uitgewersbedryf - Francis Galloway \u0026amp; Rudi (M.R.) Venter \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eProfiele\u003cbr\u003eRiana Scheepers | Karel Schoeman | A.H.M. Scholtz | Dan Sleigh |  Adam Small |  Bartho Smit |  Hettie Smit |  Lina Spies |  J.C. Steyn | Wilma Stockenström | Alexander Strachan | Barend J. Toerien | Totius | Jochem van Bruggen | C.M. van den Heever | Toon van den Heever | Marita van der Vyver | Ernst van Heerden | Etienne van Heerden  | Johannes van Melle | Marlene van Niekerk | Piet van Rooyen | Eben Venter | F.A. Venter | A.G. Visser | G.A. Watermeyer | George Weideman | Ingrid Winterbach\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+HP+van+Coller\" class=\"contributor-link\"\u003eHP van Coller\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"HP van Coller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375808233635,"sku":"9780627031069","price":920.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780627031069_207c7741-b07b-47f0-beb4-79fdf1e421f8.jpg?v=1776483602","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780627031069","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}