{"product_id":"9780627040894","title":"Help! Ek is 'n studente-onderwyser","description":"\u003cp\u003eDaar is geen vaste resep om 'n “goeie onderwyser” te word nie. Probeer-en-tref is dikwels die enigste manier om uit te vind wat die beste vir 'n spesifieke persoon in 'n spesifieke konteks werk. Dit kan 'n angswekkende vooruitsig wees om vir die eerste keer in 'n klaskamer te moet instap. Help! Ek is 'n studente-onderwyser bied leiding en ondersteuning aan studente- en beginneronderwysers in hul strewe om doeltreffende leer te bevorder, veral in Suid-Afrika se komplekse skoolomgewing.\u003cbr\u003eHelp! Ek is 'n studente-onderwyser fokus op praktiese toepassings wat studenteonderwysers sal help om daardie vaardighede te ontwikkel wat noodsaaklik is vir doeltreffende onderrig. Opdragte, aktiwiteite en oefeninge skep geleenthede om oor die inligting te besin en dit in die werklike skoolomgewing toe te pas, terwyl wenke en voorstelle suksesvolle implementering in die hand werk.\u003cbr\u003eInhoud sluit die volgende in:\u003cbr\u003eWaardegedrewe skole\u003cbr\u003eDie studente-onderwyser en die onderrigkonteks\u003cbr\u003eOntwikkeling van fasiliteringsvaardighede\u003cbr\u003eOntwikkeling van die kritiese denker\u003cbr\u003eDoeltreffende implementering van opvoedkundige media\u003cbr\u003eIntegrering van inligtings- en kommunikasietegnologie in jou onderrig\u003cbr\u003eDie skooladministrasiebestuurstelsel\u003cbr\u003eKlaskamerassessering\u003cbr\u003eBeplanning van jou les\u003cbr\u003eDissipline in die klaskamer en daar buite\u003cbr\u003eDie studente-opvoeder en die reg\u003cbr\u003eHelp! Ek is 'n studente-onderwyser is gemik op studente-onderwysers, sowel as nuwelingonderwysers, in alle fases. Dit is ook 'n noodsaaklike hulpbron vir mentors wat leiding en rigting aan studente- en beginneronderwysers moet gee.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Du+Toit+E\" class=\"contributor-link\"\u003eDu Toit E\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacobs+L\" class=\"contributor-link\"\u003eJacobs L\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louw+F+Vertaal+deur+Blaauw+J\" class=\"contributor-link\"\u003eLouw F Vertaal deur Blaauw J\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Du Toit E,Jacobs L,Louw F Vertaal deur Blaauw J,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382931865763,"sku":"9780627040894","price":590.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780627040894_7f2cfc00-2359-4620-a9af-3a6a7cbb8ab5.jpg?v=1776484614","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780627040894","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}