{"product_id":"9780637000031","title":"Vywervrou 02: Mirre GROOTDRUK","description":"\u003cp\u003eGROOTDRUK\u003cbr\u003eHoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?\u003cbr\u003e“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ŉ maagdevlies. Jy kan nooit weer ŉ maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”\u003cbr\u003eMirre weet Marilyn is reg, maar ŉ Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.\u003cbr\u003eBuitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ŉ aanranding sal oorleef nie.\u003cbr\u003eMirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.\u003cbr\u003eMirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Grootdruk\" class=\"contributor-link\"\u003eGrootdruk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul,Grootdruk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380231225507,"sku":"9780637000031","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637000031_504be7d8-938c-4680-85d9-a99eecb3aae4.jpg?v=1776488065","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637000031","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}