{"product_id":"9780637000796","title":"Die Galilieërs","description":"\u003cp\u003eIn die stad Magdala, aan die oewers van die See van Galilea, woon ’n hegte gesin wat gerugte hoor van ’n nuwe profeet. Die Israeliete word toenemend deur die Romeine onderdruk en hulle dorpe en stede is onder beleg. Onskuldiges sterf en die Jode raak al hoe meer opstandig. Gerugte begin die rondte doen van ’n nuwe leier wat die volk gaan verlos van die Romeinse juk. Wie is hierdie nuwe profeet van wie almal praat? Die Jode in Magdala gaan hulle gang te midde van al hierdie onrustigheid. Ook húlle is bewus van die gerugte van ’n nuwe profeet en verlosser. Op soek na die waarheid, onderneem die vader van hierdie gesin en sy oudste seun ’n pelgrimstog na die Tempel in Jerusalem. Hierdie besluit hou egter verreikende gevolge vir die gesin in en hulle lewens word onherroeplik verander deur die onvoorsiene gebeure in Jerusalem …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal is fiksie losweg gebaseer op gebeurtenisse in die Bybel met spesifiek Lukas 13:1 as uitgangspunt, naamlik die moord op die Galileërs en die nagevolge daarvan op die lede van ’n gewone hardwerkende gesin woonagtig in Magdala naby die See van Galilea.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alexa+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eAlexa Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alexa Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380677263523,"sku":"9780637000796","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637000796_16a811a3-dc38-437d-8231-26235c06974f.jpg?v=1776488290","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637000796","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}