{"product_id":"9780637001878","title":"Siembamba Boekpak 5 in 1","description":"\u003cp\u003eOnthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tararara boemdery”? \u003cbr\u003eHierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies.\u003cbr\u003eDie samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. “Ek het hierdie boeke saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne een boekpak teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is 'n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.”\u003cbr\u003eHierdie is beslis 'n moet-hê-boekpak vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wendy+Maartens\" class=\"contributor-link\"\u003eWendy Maartens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Alzette+Prins\" class=\"contributor-link\"\u003eAlzette Prins\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wendy Maartens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378648858787,"sku":"9780637001878","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637001878_01a1d9f0-af40-46e2-8b91-c06ec8090def.jpg?v=1776488559","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637001878","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}