{"product_id":"9780637003179","title":"Rebekka van Kameeldoornplaas","description":"\u003cp\u003eTussen oorloë, tussen lande, tussen liefde.\u003cbr\u003eOp elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderwagter vir ryk Engelse en is op 'n skip op pad Engeland toe.\u003cbr\u003eHier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe. Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk. En wanneer die boer se oudste seun kom kuier, ontdek sy 'n nuwe gloed wat rooiwarm deur haar lyf trek.\u003cbr\u003eWie is sy uiteindelik regtig? Bekkie, kaalvoet Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes? Of Rebecca, wêreldwyse jongmeisie van Oxford?\u003cbr\u003eIrma Joubert neem die leser saam op 'n onweerstaanbare ontdekkingstog - nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.\u003cbr\u003eRebekka van Kameeldoornplaas is 'n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wíé jy is en waarheen jy op pad is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irma+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eIrma Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irma Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577188630691,"sku":"9780637003179","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637003179_38a43d9a-c5ae-48d5-a689-3a2c5c1a321e.jpg?v=1776803256","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637003179","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}