{"product_id":"9780637008006","title":"Breinlabirint","description":"\u003cp\u003eBANGMANSKLOOF IS 'N BANGMAAKPLEK … Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is. Daar is gapings in sy geheue, en sy lewe voel soos 'n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke. Hy voel amper soos 'n gevangene in die groot, koue huis. Hy het 'n merk om sy nek, en die verhaal van hoe hy dit gekry het, is net die eerste van vele skokke. Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang?\u003cbr\u003eMet Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof 'n nuwe soort boek geskep - een wat in die vorm van 'n vervolgverhaal aangebied word. Hierdie storie sal beide avontuurlustige en trae lesers op meer as een manier betrek. Dit is 'n boek wat op 'n nuwe manier geskryf en gelees moet word!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382581117091,"sku":"9780637008006","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637008006_81886035-701a-4f36-a7fc-72744ee3fb86.jpg?v=1776489454","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637008006","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}