{"product_id":"9780637008969","title":"In my ander lewe is ek Ellie","description":"\u003cp\u003e“Ek wil uitmaak, Ellie. Ek is jammer, maar dit is dit.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn daardie oomblik spat Ellie se lewe soos sy dit ken aan stukkies. Maar die vernietiging is erger as wat sy ooit kon droom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNie net verloor sy vir Gustav, haar steunpilaar van die afgelope paar maande nie, maar ook haar vriende, haar skoollewe en die vrede wat sy tot dusver as vanselfsprekend aanvaar het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar ma is in Oekraïne, en haar pa word deur die Valke ondersoek. Die swart wolk van haar boetie se ongeluk hang steeds swaar oor die gesin.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir haar eie veiligheid moet sy plaas toe gaan. Wat op aarde het haar pa besiel om hulle so in gevaar te stel? Is die oplossing regtig om nou vir Lisa in 'n ander skool te wees? Hoe lank voordat Liam van die buurplaas haar geheim begin ontrafel?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Pragtige tienerroman oor self-ontdekking, genesing ná 'n familielid se dood, en die reis om jou identiteit te vind wanneer alles onseker voel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nerine+Ahlers\" class=\"contributor-link\"\u003eNerine Ahlers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nerine Ahlers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577188991139,"sku":"9780637008969","price":198.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637008969_f496e26f-1a0a-4f43-bc2a-75e9c2ee5fc5.jpg?v=1776803268","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637008969","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}