{"product_id":"9780637009003","title":"Die Groot Storieboek Avontuur","description":"\u003cp\u003eVir boekwurm Talia is die skoolbiblioteek sowel haar gunstelingplek as 'n wegkruipplek van boelies. Maar alles verander toe die nuwe bibliotekaresse, juffrou Krummel, by die skool aankom. Juffrou Krummel is, sonder twyfel, die slegste bibliotekaresse in die hele wêreld: Sy vee haar hande aan boeke af en skryf haar inkopielyste in hulle, skeur boeke se bladsye uit om in haar hamster, Bingo, se hok te sit, en - die ergste van als - dit lyk nie of sy eens van boeke of stories hou nie. Talia, hoogs ontsteld oor hoe verskriklik juffrou Krummel die biblioteekboeke behandel, is vasbeslote om die boeke te red. So beraam sy en mede-boekwurms Mario en Zahraa saam 'n blink plan: 'n geheime biblioteek!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek is deel van die VRIENDELIKE BOEKE wat ontwerp is met spesiale tegnieke om lees makliker en lekkerder vir almal te maak, soos maklik leesbare lettertipes, spesiale papier, groter spasies en meer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristien+Potgieter\" class=\"contributor-link\"\u003eKristien Potgieter\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Nadia+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eNadia du Plessis\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristien Potgieter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584813678755,"sku":"9780637009003","price":176.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780637009003_335275cf-6806-43de-88de-797c22512ad0.jpg?v=1776803274","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637009003","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}