{"product_id":"9780637012577","title":"Net na die storm","description":"\u003cp\u003eDrie graad neges is op pad KwaZulu-Natal toe vir ’n wetenskap-ekspo. Chloe, Mbali en Dante ken mekaar nie regtig so goed nie, maar hierdie reis gaan alles verander … Die ekspo skop af te midde van swaar reën, en halfpad deur die oggend kom die waarskuwing om die area te ontruim weens dreigende vloede en oorstromings.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMeneer Theron probeer haastig om die kinders veilig te kry, maar dan word die bus deur ’n vloed meegevoer en hulle moet veg vir hulle lewens. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMeneer Theron help hulle om uit die rivier te kom, maar verdrink in die proses, en juffrou Siboto is self ernstig beseer. Hulle kry vir die aand skuiling in ’n stappershuisie in die bos, maar voor hulle verder kan probeer stap, word hulle deur die water vasgekeer. Met net ’n paar blikkies kos, ernstige beserings en geen werkende selfone nie, moet hulle probeer oorleef tot redding kom … ás dit kom. ’n Naelbyt-oorlewingsavontuur wat tieners op die punt van hul stoel gaan hou!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+An-Mari+do+Carmo\" class=\"contributor-link\"\u003eAn-Mari do Carmo\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"An-Mari do Carmo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47851568988323,"sku":"9780637012577","price":171.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780637012577.jpg?v=1783604096","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637012577","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}