{"product_id":"9780637012713","title":"Die fluisteraar","description":"\u003cp\u003eLAPA se Jeugromankompetisie 2026. Naaswenner.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e2075 - 'n Wêreld sonder hoop. \u003cbr\u003eOorlewing op die blou planeet is nie meer vanselfsprekend nie, maar dis al lewe wat Kato ken. Klimaatsverandering oor die laaste eeu het kataklismiese gevolge gehad en natuurrampe het lewe op die kontinente feitlik verwoes.\u003cbr\u003eOp sy sewentiende verjaarsdag ontwaak iets in Kato waaroor hy geen beheer het nie.\u003cbr\u003e'n Vermoë wat sy lewe handomkeer verander. Is dit moontlik dat sommige mense se DNS so nou met Moeder Natuur verweef is dat hulle verandering kan bring? 'n Redding kan wees?\u003cbr\u003eKato weier om te aanvaar dat hy deel van 'n moontlike oplossing is. Hy weier om die lewe wat hy ken op te gee vir 'n vermoë wat hy nie verstaan nie.\u003cbr\u003eMaar hy word teen sy sin deur 'n reddingsorganisasie opgekommandeer en weggeneem na Sentraal Afrika. Daar moet hy en sy span die Ugandese woude red. Kato kom voor 'n keuse te staan: Aanvaar hy die verantwoordelikheid wat ongevraagd op sy skouers geplaas is of ontsnap hy van die malligheid? Hy weet wat hy moet doen...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacolet+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eJacolet van den Berg\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jacolet van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47717881675939,"sku":"9780637012713","price":198.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780637012713_6d933e4c-ecb1-44f6-b796-941f216cac9c.jpg?v=1780012353","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780637012713","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}