{"product_id":"9780639600017","title":"Tersia se Namibdiamant","description":"\u003cp\u003eSoms word diamante op die mees ongewone plekke gevind ...\nTersia se ideale man is die filmster Ryan Gosling. Sy meet elke man wat sy ontmoet aan haar filmheld. Die woestynlandskap van Namibië is die teenoorgestelde van haar lowerryke tuiste in Durban en die teleurstelling toe haar pos by die koffieplek oorbodig word, strook glad nie met haar Hollywood-lewensuitkyk nie. Is die blonde Duitser saam met wie sy later gidswerk doen by die spookdorp Kolmanskop werklik, soos haar oupa en ouma vermoed, ’n diamantsmokkelaar? As dit waar is, draai haar ervarings in die Suid-Afrikaanse buurland al haar lewensverwagtinge op hul kop want die man kom nogal naby aan haar ideale beeld van ’n trouman. Maar Dieter is ’n man van vlees en bloed en al die tekens dui op ’n verhouding tussen hom en Tersia se hospita, Reinet. Wanneer Dieter egter tydens ’n safari na Sesriem en Sossusvlei van die radar af verdwyn, moet Tersia besluit of hy die moeite werd is om voor te veg.\n\nDie problematiese werkswêreld van vandag vir jongmense word voorgestel wanneer die heldin haar werk verloor kort nadat sy spesiaal na Namibië verhuis vir ŉ werk. Sy is vir ŉ kort rukkie werkloos daarna. \nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequinromanses. Tersia se Namibdiamant is Ida Bester se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:\n- Kammabruid (Junie 2016),\n- Die paartjieknoper (Julie 2017),\n- ŉ Machoman leer liefdestaal (Augustus 2017), en\n- ŉ Geur vir elke vrou (Oktober 2018).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ida+Bester\" class=\"contributor-link\"\u003eIda Bester\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ida Bester","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377485332643,"sku":"9780639600017","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639600017_ff0ef33d-9631-4e3f-a18a-6850cb62a953.jpg?v=1776490550","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639600017","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}