{"product_id":"9780639600048","title":"Roep van die naguil","description":"\u003cp\u003eLaat staan die wewenaar!\nIs die roep van ’n naguiltjie Nurinke se beterwete wat haar probeer waarsku? Nurinke kan nie seker wees nie. Wat sy wel weet is dat haar impulsiewe geklouter op ’n spieëlkas om ’n reistas in die hande te kry vir ’n kuier by Frans (haar amperverloofde in Europa) asook die katastrofiese val daarna, meer as net ’n gebreekte enkel vir haar tot gevolg het: Behalwe ’n belowende loopbaan wat daarmee saam in die niet verdwyn het, is sy boonop genoop om by haar ouma op ’n Karooplaas te gaan herstel. Dis daar waar sy haar ouma se befoeterde wewenaar-buurman, Lood Verwey, met sy stom seuntjie ontmoet wat Nurinke se ewewig laat wankel. Hoekom ervaar sy opeens gevoelens waarmee sy nog nooit te doen gekry het nie, emosies wat dierbare Frans nog nooit in haar wakker gemaak het nie? Hoekom sê hierdie wewenaar vir haar dinge wat sy nie wil hoor nie, maar wat haar tot stilstand bring? Vuurwarm, hamer sy woorde in haar kop wanneer sy haar oë styf toe maak. Hoekom klink dit soos ’n vals noot in ’n andersins perfekte simfonie? Gaan impulsiewe Nurinke uiteindelik die regte besluit neem? Gaan sy haar ware emosies onderdruk of gaan sy toelaat dat haar hart vlerke kry? \n\nDie verhaal bevat ŉ element wat verwys na mensehandel en veral kinderontvoering – iets wat tans ŉ aktuele saak is in Suid-Afrika ná die ontvoering van Amy'Leigh de Jager gedurende September 2019. Dit fokus ook op die herstelproses van families ná die afsterwe van ŉ ouer en hoe die oorblywende ouer hul enkelouerstatus moet aanvaar en vrede daarmee maak (in hierdie verhaal speel die held se Christenskap ŉ rol om\nhierdie nuwe lewenswyse te aanvaar). Die onderdrukking van persoonlike eienskappe tot voordeel van die samelewing en tot nadeel van die individu is ook ŉ onderwerp in hierdie verhaal.\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequinromanses. Roep van 'n naguil is Rina Cilliers se debuut Romanza.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rina+Cilliers\" class=\"contributor-link\"\u003eRina Cilliers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rina Cilliers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377485988003,"sku":"9780639600048","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639600048_d6e1d902-81e8-4caf-98e6-15e45fd67257.jpg?v=1776490555","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639600048","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}