{"product_id":"9780639600239","title":"Herfsmelodie","description":"\u003cp\u003eHet hy haar liefde nodig om homself weer te vind?\nSunet en Bertie het as hoërskoolleerders in die KleinKaroo deel geword van die uitgebreide vriendekring waaronder sy ousus Roelien en haar pa Herman ook tel. Hulle verhouding was ongekompliseerd en speels\ndwarsdeur hul studentejare, maar hul emigrasie as verloofdes het nie vir albei glad verloop nie. Nou is Sunet terug in Suid-Afrika en terug in die KleinKaroo, veilig in die vriendekring en gevestig in haar beroep as landbounavorser. Dis onvermydelik dat sy soms via Roelien iets van Bertie sal hoor, maar andersins het sy hom uit haar lewe gesny. Wanneer Bertie egter met sy twee onhanteerbare seuntjies terugkeer na sy ousus se huis, word Sunet se lewe omvergegooi. Sy kom gou agter hy is nie meer die onbesorgde jongeling wat sy liefgehad het nie. Dit lyk nie of hy sy getraumatiseerde kinders kan hanteer nie en die tragiese dood van sy vrou het hy nog glad nie verwerk nie. Omstandighede dwing Sunet om Bertie en die seuntjies te nooi om haar huis te deel tot hy ’n eie plek kan aanskaf. Hier ontdek albei dat ou liefde inderdaad nie so maklik roes nie en dat die moeilike tweeling eintlik net stabiliteit kortgekom het. \n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat  vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequinromanses. Herfsmelodie is Marilé Cloete se jongste romanse. Hierdie titel vorm deel van Marilé se Seisoenereeks:\nHoogsomerliefde (September 2019),\nNooit weer winter (Februarie 2020), en\nVir altyd lente (April 2020).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377529176227,"sku":"9780639600239","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639600239_7edb72ec-f972-412b-b74f-6edc19977551.jpg?v=1776490580","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639600239","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}