{"product_id":"9780639600277","title":"Dubbel die moeilikheid","description":"\u003cp\u003eHannah of Anna? Wie is nou wie?\nHannah is by ’n onverwagse werksonderhoud terwyl sy veronderstel is om gereed te maak vir ’n geleentheid saam met haar kêrel. ’n Onderhoud waarvan hy nie weet nie. Hy sal verstaan, praat sy haarself moed in wanneer sy agterkom sy gaan dit nie maak nie. Wat sy nie verwag nie, is dat haar tweelingsuster, Anna, besluit om haar plek in te neem omdat sy nie self kaartjies vir die vertoning kon bekom nie. Hierdie ondeurdagte besluit van Anna dompel hulle in ’n situasie waar Hannah haar suster vir die week in Derick se geselskap los. Dit lei egter tot ’n skokkende gebeurtenis. Hulle raak verloof. Derick is nie verloof aan sy wat Hannah is nie. O nee, sy was nie die een wat “ja” gesê het nie. Dit was Anna. Maar Derick weet dit nie en sy kan nie waag om hom te sê sonder om sy hart te breek nie. Hoe keer sy hierdie weghol-trein? En dan is daar Derick\nse vriend, Tony. Met sy swart hare, donker oë en die glimlag wat alewig om sy mond huiwer, maak hy iets onverwags in haar binneste wakker. Iets wat haar bang maak en hoe meer hy raaksien, hoe meer wil sy van\nhom af wegkom. Hy skrik haar af, maar terselfdertyd lok hy haar soos ’n by na nektar. Dit maak ook nie saak hoe gereeld sy hom probeer vermy nie; hy bly op haar spoor. Hy probeer immers net sy vriend beskerm, maar sy staan die gevaar om haar hart op die verkeerde man te verloor. ’n Man wat haar sal verag as hy ooit uitvind wat werklik aangaan.\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin romanses. Dubbel die moeilikheid is Ciska Olivier se jongste romanse in haar nuwe Kruis jou vingers-reeks.\nHaar vorige romanses in haar Hartebrekers-reeks het die volgende titels ingesluit:\nKrummelpap in Parys (September 2018),\nVir ’n oomblik, vir altyd (Oktober 2018),\nBlomme vir Melissa (Februarie 2019),\nEk vertrou jou (Mei 2019), en\nHaar hartsbegeerte en meer (Julie 2019).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ciska+Olivier\" class=\"contributor-link\"\u003eCiska Olivier\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ciska Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377529012387,"sku":"9780639600277","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639600277_d7d0bca1-0060-4001-bf3f-82b219745fb1.jpg?v=1776490587","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639600277","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}