{"product_id":"9780639600291","title":"Ivoorblom vir Hai-Lin","description":"\u003cp\u003eSy is die perfekte simbool van vroulike skoonheid en sagmoedigheid, nes die magnolia\nHai-Lin kuier met vakansie in Sjanghai, China by haar ma se vriende, Su Fen en Laum. Sy gebruik die tyd om Sjanghai te verken en geniet die unieke atmosfeer van die stad en sy mense. Sy het nog net een ernstige\nverhouding gehad toe sy ’n student was, maar haar sogenaamd beste vriendin het hom skaamteloos afgevry. Eintlik het sy haar ’n guns bewys. Sy onthou hoe die einste vriendin lang trane gehuil het toe die\nrokjagter haar ook verneuk het. Dit het Hai-Lin ’n ewige gly gegee in gladdebek mans wat met al wat ’n rok dra wil flankeer. ’n Man sal eers haar vertroue moet wen, voor sy hom in haar wantrouige hart sal toelaat. Su Fen se seun, Laum is ’n droom van ’n man, maar dit lyk of hy maklik sal flankeer. Juis daarom moet sy daarop konsentreer om hom op ’n afstand te hou. Gaan haar tyd in China haar egter anders laat dink oor die liefde, en wat is die simboliek van die ivoorblom?\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequinromanses. Ivoorblom vir Hai-Lin is die laaste boek in 'n trilogie waarvan die eerste twee romanses, Liefdespalm\nvir Simoné en Reënboogbruid reeds gepubliseer is. Liefdespalm vir Simoné in 2008 (in LAPA Uitgewers se hardebandreeks) en Reënboogbruid in 2016.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mari+Grobler\" class=\"contributor-link\"\u003eMari Grobler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mari Grobler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377529274531,"sku":"9780639600291","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639600291_f154ac30-fd3f-4173-8810-7bfeacd62bce.jpg?v=1776490591","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639600291","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}